Vroeg uit die vere
Vanoggend vroeg, net na 6, staan ek met ‘n koppie tee op ons stoep en staar in die verte. Daar speel ‘n eekhoring op ‘n kragdraad voor my. Hy is ook vroeg aan die gang, dink ek. Ons woon net so bo die voet van die Helderberge in Somerset-Wes en in die verte sien ek […]
Tuinmaak is nie vir sissies nie
Ek weet nie of ek voor die 26 ste Maart 2020, al ooit die woord “grendeltyd” gebruik het nie. “Grendeltyd” Dis ‘n mooi Afrikaanse woord, met ‘n uitmergelende betekenis. Ek probeer my bes, maar elke nou en dan wil ek losbreek. Ek wil vlug. Ek wil gil, maar die bure sal my hoor. Soms is […]
Spaarvarkies
Hallo almal! Tyd vir ‘n koppie tee(fontein)! Die tyd hardloop nou skielik met ‘n mens weg. Dis Augustusmaand. Soos ek hier sit en skryf voorspel hulle dat dit vandag 24 grade gaan word. Ek het nog nooit in my lewe so uitgesien na die somer nie, nie eers toe ek in Engeland gewoon het nie. […]
My huis is waar my hart is
Ons is besig om ons huis op te pak. Ons trek. Asof ‘n uitmergelende epidemie en ‘n lockdown nie genoeg emosionele skade kan bring nie, is ons so waar as vet besig om te trek van die Noorde na die Suide. Net soos ‘n nomadiese volk trek ons agter die see aan. Moet ek my […]
Geel
Die dag voor inperking daardie nag 12uur begin het, het ek en my vrou, Michelle soos meeste mense opgesplit in twee om op te stock met spys en drank. Ek was verantwoordelik vir drank en hout en vleis en sy vir die res, alles! Dis ‘n bietjie onregverdige verdeling, maar ek is een van baie […]
Funky onderbroeke en gekleurde kouse
Laas Sondagoggend word ek wakker gemaak deur my kinders wat bo-op my klim. Hulle het ‘n wekker gestel om voor my wakker te wees. “Word wakker, pappa…dis Vadersdag.” Sê hulle opgewonde. Jy kan sien hulle het ‘n verrassing vir my. Mija, my 8 jarige dogtertjie, laat geen geleentheid verby om ‘n groot partytjie te hou […]
Die Groot Trek
Om te trek is nie vir sussies nie. Hulle beweer nie verniet dat naas die dood van ‘n geliefde, is die tweede grootste trauma om te trek nie. 2020 het baie uitdagings. Ek glo meeste mense is net in survivalmode. Party mense sou reken dat jy in tye soos hierdie waarin ons leef, dit veiliger […]
Die geboorte van verandering
Ek skrik vanoggend wakker. My hart klop. Waar is ek? Ek voel-voel na my selfoon wat langs die bed gereed lê om my te herinner aan die wêreld. Ek loer na die skerm. Dis 5:45. My selfoon se wekker is gestel vir 06:30, maar ek skrik 45 minute te vroeg wakker. Dis nie hoe ek […]
Day Zero
Dit was ‘n Saterdagoggend so 3 weke gelede. Daar het ‘n fris bui reën die vorige (vroeg) aand oor die Helderberge uitgestort en oordat dit so láát donker word in die Kaap, kon ek die reën sien dans oor die hele Valsbaai. Die volgende oggend was Somerset-Wes nat en koel. Die lug was kraakvars, helder […]
Dankbaar vir saamwees
Wat is die ergste wat kan gebeur? Vra ek myself dikwels af. Ek onthou, dat selfs van kindsbeen af, was ek iemand wat die berg agter die molshoop kan gaan haal. Ek kon myself onnodig bekommer oor niks. Al is ek 80% ‘n positiewe mens, kan ek myself sonder moeite in ‘n fiktiewe negatiewe situasie […]