Welkom by Koppieteefontein - Ons voorkamer, is jou voorkamer

“Ons gesels nie net oor koetjies en kalfies nie. Daar word behoorlik hartsake gedeel … “

WIE IS ONS

Hier op ons virtuele dorpie van die jaar, Koppieteefontein, begin alles, soos wat die naam sê, met ‘n koppie tee.

Dis tyd om ‘n oomblik te neem en asem te skep, dis ‘n tyd vir deel, luister, lag en ‘n bietjie dink oor die wêreld waarin ons leef en selfs te shop, want wat is nou lekkerder? Alles in die mooiste taal, Afrikaans!

Hier ontvang ons almal wat wil deel wees van ons dorpie. Jy hoef nie eers te ry nie, jy druk net ‘n knoppie en of jy in Australië of Pretoria sit, in Pofadder of Somerset-Wes, jy is deel van ons virtuele dorpie van kuns en kultuur, geskenke en kleurvolle dinge.

Op Koppieteefontein moet jy tuis voel, geen erfbelasting of munisipale rekeninge nie, maar baie stories en videos, raad en resepte, onderhoude met bekendes en ‘n aanlyn-winkel wat skrik vir niks.

Afrikaans, Afrikaans, my moeder se taal, Koppieteefontein, my moeder se dorp en ook joune, waar jy ook al is, jy is so welkom!

ONS HANDELSWARE

WAT GEBEUR MET ONS

“My lewe en die wêreld waarin ons leef, inspireer my … ”