Jak het groot geword in ‘n huis waar baie tee gedrink is en dit is dié kulturele instelling wat hom in die middel van grendeltyd tydens die Covid-19 pandemie na binne gedwing het. Hy wou sin maak van die ‘nuwe normaal’ waarin hy, sy gesin, sy familie en vriende hulle skielik bevind het.
Die ritueel van teedrink was oomblikke van stilstaan in ‘n mal, onderstebo lewe. Nie net vir Jak nie, maar ook vir die duisende lesers wat op Koppieteenfontein begin saam kuier het.
“Bly kalm en maak ‘n koppie tee” was die mantra van die oomblik, ‘n spontane kultuur van lag en huil en deel, en waar almal welkom is.
‘n Jaar later, op 1 Oktober 2021, het dié tee-kuiers die televisie-geselsprogram Koppieteefontein op kykNET geword. Jak het beroemdes en bekendes soos Evita Bezuidenhout, Nataniël, Margit Meyer-Rödenbeck, Amanda Strydom, Hannon Bothma en Leon Schuster oor ‘n koppie tee (wat anders!) oor hulle lewenswaarhede gepols.
Aan die einde van elke program, het Jak ‘n interessante teepot aan elke gas as geskenk gegee, spesifiek en uniek ontwerp. Die Koppieteefonteiners het begin vra “Waar kan ek ook een kry?” Dit was die begin van die Koppieteefontein-leefstylreeks. Teepotte het koppies geword, koppies het borde geword, borde het voorskote geword.
En nou is daar ‘n hele Koppieteefontein aanlynwinkel! Jak het in grendeltyd ook meer aandag aan sy kuns gegee en afdrukke hiervan, asook van sy lirieke, verskyn op die produkte.
Kom loer in by Koppieteefontein waar ons lief is vir Afrikaans, vir kuns en kultuur, waar ons kan koop en kuier en lekker kry en dalk net nuwe vriende maak.
Webwerf ontwikkel deur Lemoen Marketing 🍊